Eskom and Shedding – a personal view by Nico van der Merwe Snr. March 23, 2015

Hierdie brief word gerig aan ons personeel en vriende en is geensins opgestel om mense paniekerig of negatief te stem nie. Dit word gestuur om mense die feite te gee en aan te moedig om PARAAT te wees vir wat DALK mag gebeur. Interessant dat as jy iets begin doen, soos ek onder voorstel, sal jy vind jou negatiwiteit begin verdwyn want voorsorg is tog immers beter as nasorg.

Agtergrond

Vandat ek in 1993 begin reis het in ander Afrika lande, het ek opgemerk dat daar 3 faktore is wat uitstaan bo al die ander. Hierdie 3 faktore het ‘n wesenlike invloed op elke persoon in daai land in ‘n mindere of meerdere mate en ‘n geweldige invloed op die bedryf van ‘n gesonde besigheid. Verskeie Afrikaanse sakemanne (Whitey Basson van Shoprite en Louis vd Watt van Atterbury om net 2 te noem) verstaan dit baie goed en het die kuns bemeester om die 3 probleme te oorkom wat besigheid kan sink of laat floreer in Afrika.

• Betroubare krag voorsiening
• Betroubare water voorsiening
• Eie, effektiewe sekuriteit

Ek noem betroubare krag en water voorsiening want om net dan-en-wan krag of water te kry help ‘n sakeman niks – kyk maar hoe al die winkels gesluit is in Menlyn en ander inkopiesentrums op ‘n Saterdagoggend (die besigste dag van die week) as beurtkrag skielik inskop. Eie, effektiewe sekuriteit is ook krities noodsaaklik want hoe minder mense het hoe groter die versoeking om van ander te vat wat dalk meer as hulle het. Dadelik sien ek natuurlik die leemte in ons eie organisasie – kontrole van die wat ingaan, maar kontrole van die wat uitgaan (dalk met maatskappy eiendom in hulle besit), word nie gedoen nie.

Suid Afrika is deel van Afrika en word ‘meer deel’ daarvan elke dag. Kragvoorsiening is onbetroubaar, daarmee saam watervoorsiening (ons was al met tye tot 4 dae sonder water!) en privaat sekuriteit is ‘n massiewe industrie in ons land. Om pro-aktief te beplan is dus van uiterste noodsaaklikheid, veral as mens ‘n ‘total blackout’ in die gesig staar soos dikwels al in die pers genoem is en Eskom ten sterkste ontken het. Dit laat my dink aan Shakespeare se stuk in Hamlet … “Methinks thou dost protest too much”

As ek dan ook dink aan die opmerking van ‘n Turkse sakeman toe ek en my vrou Anita jare gelede een aand langs die Bosporus staan en gesels het oor die dramatiese devaluasie van die Turkse Lire op daai stadium en ek die sakeman vra hoe hulle oorleef toe was sy antwoord “Never trust the government”. Dit het my tussen die oë getref en my bygebly. Geweet dit was ‘n boodskap wat ek moes hoor.

En so lei die Here mens om seker goed te doen wat vir baie mense half onnodig is of nie sin maak nie. Met die installasie van ons kragopwekker by ons hoofkantoor in 2007 het ons professionele span gesê dit is ‘n ‘over kill’ en wat het gebeur? “In the later months of 2007 South Africa started experiencing widespread rolling blackouts as supply fell behind demand, threatening to destabilize the national grid.” Ons het vir die kragopwekker binne ‘n week betaal. Ons het ook ‘n 10’000 liter houer met water in die kelder-parkering laat insit wat al handig te pas gekom het wanneer daar nie water was vir welke rede ookal nie. Maar dit is geskiedenis.

Situasie vandag

Wat van die toekoms? Wat gebeur sou daar ‘n ‘total blackout’ wees? Die eksperts sê om die ‘grid’ weer lewendig te kry kan tussen 2 en 6 weke neem (selfs langer!) Eskom se kredietwaardigheid is al verskeie kere afgradeer en staan tans op ‘junk’ status. Nog steeds word niks of baie min gedoen en word Eskom verbruikers letterlik in die duister gehou. Volgens die Mail & Guardian van 3 Feb 2015 …
Eskom on Monday would not divulge what plans it has in the event of a national blackout.

The utility announced on Monday that a unit at Koeberg power station should be operational by the end of the week. (David Harrison, M&G)
This was after Democratic Alliance leader Helen Zille warned in her SA Today column that a nationwide power blackout would result in “catastrophe”.
According to reports Eskom has warned Cabinet about the risk of a national blackout.
Zille defined a blackout as “what happens when the grid fails and everything shuts down indefinitely”.
Eskom has repeatedly said that rotational power cuts – or load-shedding – were necessary to prevent a total blackout. Previously the parastatal indicated such a situation could take around two weeks to resolve.
Zille said that if the national power grid was hit with a blackout, a “huge amount” of electricity would need to be sourced from elsewhere to restart the grid. “This is not available from any of our neighbours.”
Asked about the validity of Zille’s claim and to what extent Eskom has planned for this possibility, aside from implementing power cuts as a preventative measure, the parastatal would not disclose details.
So, dit lyk vir my of daar dalk ‘n sterk moontlikheid is vir ‘n ‘total blackout’ hierdie winter. Om voorbereid te wees sou dit gebeur is dus na my mening nogal belangrik. Daarom deel ek hierdie met u, nie om jou die skrik op die lyf te jaag of jou te laat paniek aankope doen nie maar om jou aan die dink te sit en pro-aktief te laat begin optree.

Dit is belangrik om te verstaan wat gebeur tydens ‘n ‘total blackout’.

Reuters reported on Friday that in the event of a national blackout, President Jacob Zuma and his Cabinet would be taken to a secret location and soldiers would be deployed at national key points, such as the SA Reserve Bank and the SABC’s head office in Auckland Park, Johannesburg.
Eskom this week refused to be drawn on the chances of a large-scale blackout happening and merely said it would continue to implement load shedding to protect the grid, as this was the best way to protect South Africa’s power system.
US embassy staff are now taking a hard look at South Africa’s power situation on a daily basis.
US Embassy spokesperson Jack Hillmeyer confirmed the embassy had a plan, but said it was “standard procedure”. “The safety and security of our American and local staff and facilities is a top priority,” he said. “As we do in our locations throughout the world, we plan and prepare for possible emergency situations we may face. Our planning in South Africa is similar to what we do in all countries.” Hillmeyer said he could not discuss specifics about safety and security planning for “obvious reasons”. Eskom sources have told City Press a national blackout was a “very significant possibility for the foreseeable future”.

Hoekom al hierdie prosedures? As die krag stop, stop die water (pompe kan nie meer water suiwer of water in die reservoirs pomp nie); die riool stop (oorvol rioolpype begin in die strate uitloop); ATM’s stop – geen kontant beskikbaar nie want die ATM’s en kredietkaart masjiene in die winkels en supermarkte werk nie meer nie; banke kom tot stilstand; brandstop stop uiteindelik (gelukkig het my garage ‘n kragopwekker! … jammer! Die rafinaderye sal nie meer brandstof kan voorsien nie want alles stop!) So as ek nie genoeg spaar brandstof vir my kragkopwekkers het nie (ja ook by die kantoor wat die dompelpompe aan die gang moet hou sodat die kelderparkering en stoorkamers nie oorstroom word met grondwater nie!) sal ek ‘n groot probleem hê! Vrieskaste sal begin ontdooi en kos vrot – jy sal nie vinnig genoeg kan braai en eet voor alles om jou vrot nie! Daarmee saam sal kos aflewerings staak (geen vervaardiging agv geen krag en geen aflewering nie weens brandstof tekorte) en in massa histerie sal mense blikkieskos en water begin opkoop maar dit sal alles te min te laat wees. Binne 5 dae sê kundiges begin daar bendes in die strate alles roof wat hulle kan. Totale anergie begin intree. ‘n Slegte scenario wat ek verseker hoop nie sal gebeur nie maar tog ‘n moontlikheid is waaraan mens moet dink onder die huidige omstandighede.

Is daar iets wat ek kan doen?

Natuurlik! Ons elkeen se plig is om krag te bespaar soveel as wat ons kan. Gloeilampe te vervang met LED lampies wat feitlik geen krag gebruik nie, sonenergie warmwater toestelle installeer (duur!) en krag in die algemeen te spaar – net genoeg water in die ketel vir daai koppie koffie ipv die hele ketel se water te kook, tensy jy dit in ‘n warmfles bewaar vir later gebruik, swembadpomp minder te laat loop, geyser af te sit tydens piek tye; ligte afsit as jy uit die kamer of kantoor uitstap; ens. ens. ens. Is dit regtig nodig dat al die ligte in die kantoor aan is terwyl lig van buite instroom? Baie mense kyk na son-krag om heeltemal van die ‘grid’ af te gaan maar dit is op die stadium nog baie duur.

Die groot gevaar tydens beurtkrag of selfs ‘n ‘total blackout’ is egter die emosionele effek wat dit op ‘n mens het. As jy in die donker sit begin jy ook donker gedagtes kry. Depressie, emigreer gedagtes en paniek wat vinnig begin posvat. Maar daar is ‘n paar basiese stappe wat mens kan neem wat jou emosioneel paraat sal laat voel sonder dat dit jou ‘n sak vol geld kos! Hier is ‘n paar wenke (dit is geensins volledig nie!) …

1. Koop ‘n paar gassilinders (gassilinder met ‘n kookplaat bo-op en ‘n stang vir ‘n sterk gaslig. Tenminste kan jy as die krag af is kos kook (al bak jy net ‘n eier!) / water en sop warm maak en lig hê. Dit alleen is al klaar ‘n groot stap vorentoe. As jy 2 of 3 ekstra gassilinders kan bekostig om in jou sitkamer en slaapkamers te sit vir lig help dit al klaar baie. Jy kan dit noual gebruik tydens beurtkrag. Voorraad kerse en vuurhoutjies veral vir die nie-rokers is ook noodsaaklik.
2. Een of twee gasverwarmers – daar is niks so negatief as om in die middel van die winter koud te kry terwyl jy in die donkerte sit nie. Jy kan dieselfde verwarmers ook in die toekoms gebruik al is die krag nie af nie.
3. Genoeg kontant in jou huis te alle tye om te voorsien in jou kos / brandstof / water en ander behoeftes tenminste vir ‘n maand. Onthou geen ATM of kredietkaartmasjien gaan werk of bank wat gaan oop wees nie. Koop maar daai kluis wat jy altyd wou hê om jou kontant en vuurwapen in te stoor.
4. Vuurwapen en ammunisie – jy sal jou eie goed moet beskerm. Geen ADT / Chubb meer of elektriese heinings nie. Geen selfoon ontvangs of telefone wat werk om vir hulp te bel nie – die selfoontorings het al lankal gaan staan. Wees paraat!
5. Hou altyd tenminste ‘n maand se noodsaaklike medikasie as noodvoorraad en gaan die vervaldatums gereeld na. Ruil gereeld jou ou medikasie met nuwes om!
6. Sorg dat jy ‘n voorraad drinkwater het – laat kontroleer jou boorgatwater se suiwerheid (onthou jy moet dan ‘n kragopwekker met genoeg spaar brandstof hê om die pomp van krag te voorsien – kan ook dalk jou koelkas en vrieskaste voorsien). Mens kan ook natuurlik jou swembadwater drink mits dit varswater en nie soutwater is nie. Suiwer egter alle drinkwater deur dit te kook of gebruik watersuiwerings tablette.
7. Sorg dat jy genoeg blikkies / nie bederfbare kos soos pasta / tuna / sardiens / geblikte beesvleis / ham / rys / groente / mieliemeel / tee / koffie / suiker / ens het vir tenminste ‘n maand… wat dalk gerek kan word na 2 maande in ‘n noodsituasie. Hoë proteïen voedsel van goeie kwaliteit is van uiterste belang en geblikte kos het gewoonlik lang vervaldatums en kan geëet word na die krisis verby is. Sogenaamde ‘Corned beef’ is heelwat duurder en beter kwaliteit as ‘Corned meat’ (wat enige vleis kan bevat – selfs ook perd of donkie!)
8. Plastieksakke om in die toilet te gebruik is noodsaaklik – onthou wanneer daar geen water is nie werk die rioleringsisteem nie! Behalwe as jy ‘n ‘French drain’ het maar dan het jy water nodig. Gooi jou
swembad chloor op die vastestowwe en begrawe die sakke in die tuin. Gebruik ook vir rommel – daai leë blikkies moet sorgvuldig platgetrap en begrawe word anders kan allerhande peste uitbreek.
9. Baie belangrik! Koop sterk skoonmaakmiddels en seep om jou hande / koppies / borde / werksareas skoon te hou. Meer mense gaan dood van voedselvergiftiging / diarree tydens ‘n krisis as van hongerly! Sorg dat jy Kantrexil of enige ander sterk antibiotika in jou huis hou sou jy of van jou gesin diarree ontwikkel. Was jou hande gereeld!! Handy Andy / opwas seep / Jig / ens is noodsaaklik.
10. Sorg vir ‘n groot genoeg voorraad gas – vir jou braaier / gas stofie / ligte / verwarmers. Jy kan dit altyd gebruik na die krisis verby is.
11. Flitse met ekstra stel batterye of twee. Consol se sonenergie liggies werk net so goed – kan dit op jou stoep ook later gebruik. Herlaaibare flitse gaan nie die ding doen nie want daar is niks om dit mee te laai nie!
12. Maak seker jou motor is vol brandstof veral as jy die tekens begin sien soos meer gereelde en langer kragonderbrekings. As jy ‘n diesel motor ry wil jy dalk diesel kragopwekker hê en paar honderd liter diesel veilig stoor? Dalk wil mens nou al belê in twee of drie skoon 200 liter dromme , reg om op te vul die oomblik as die tekens begin wys op ‘n krisis … vlak 3 beurtkrag met lang tye sonder krag is een daarvan.
13. Bêre alles in 1 of 2 plastiek kratte. Maklik om op te tel en te vervoer as jy besluit om uit die stad pad te gee.

Voeg elke maand bietjie-vir-bietjie by jou nie-bederfbare noodkosvoorraad.
HOU ‘N KRISIS IN GEDAGTE EN NIE ‘N PIEKNIEK NIE.

Die eksperts sê dat indien mens tydens so ‘n ‘black out’ so gou as moontlik uit die stad kan kom, dit ideaal sal wees. Ken jy iemand wat ‘n plaas besit? Meeste boere is redelik selfvoorsienend. Spaar diesel / pompe / water en party selfs met hulle eie krag, gas koelkaste en gas waterverwarmers. Meeste het ook ‘French Drain’ riool sisteme en boorgatwater wat ideaal is in ‘n krisis situasie. Dalk wil jy voor die tyd reël dat jy eendag kan kom kuier in die geval van ‘n ‘total blackout’? Wild en veeboere het altyd iets om te slag en te eet … dit is die ideale opset en persoon om by te gaan bly – kos, water, sekuriteit. MAAR, dan moet jy so gou moontlik na die ‘blackout’ uit die stad uit padgee – voor daar chaos intree… en onthou om jou kratte kos saam te neem!   

Ek sê weer, bostaande is NIE om mens die skrik op die lyf te jag nie maar om jou te laat dink en proaktief te laat begin optree ten einde PARAAT te wees sou ‘n krisis dalk ontstaan. Jy kan maklik elke maand ‘n paar ekstra goedjies aankoop – beginnende met die gassilinders / kookplaat / ligte / water en geblikte kos en voor jy weet is jy paraat en reg vir wat dalk mag kom. Dink net hoe lekker gaan ons lag as daar niks van kom terwyl ons ons Bully beef partytjies saam het nie! Terselfdertyd dink mens ook daaraan as daar wel so ‘n krisis op ons land toesak – dan is ons paraat en reg daarvoor, sonder paniek aankope en opsoek na blikkieskos op leë rakke.

Wat van besighede?

Tenlaaste moet ons ook onthou dat wanneer daar ‘n ‘total blackout’ kom sluit al die maatskappye feitlik oornag. Soos wat Menlyn se besighede gesluit het die Saterdagoggend toe daar beurtkrag was. Niemand is daarvoor gerat nie, behalwe Woollies. Dit beteken dat mense onmiddellik op onbetaalde, verpligte verlof geplaas sal word totdat die situasie na normaal terugkeer. Ek hoor iemand vra “hoekom onbetaald?’ want maatskappye kan geen inkomste genereer nie; geen oorplasings kan gemaak word na bankrekeninge en in sulke omstandighede probeer elkeen net oorleef. Ja self pensionarisse kry geen inbetalings in hulle bankrekeninge nie want die banke is toe! Wat daarna gebeur as alles na normaal toe terugkeer, is ‘n ander storie. Het jy genoeg kontant spaargeld om ‘n maand of twee sonder inkomste te oorleef? Laat mens dink nê?

Dink oor bostaande, ek is seker baie mense sal nog baie ander punte kan byvoeg, elkeen wat vir hom/haar belangrik is. Ek voel egter hierdie is die basiese dinge om in gedagte te hou in die geval van ‘n krisis. Laat ons nie soos die 5 dwase maagde in Matteus 25:2 gevang word sonder om voorbereid te wees en genoeg olie ons in lampies te hê nie. Macro was laas klaar uitverkoop van LED ligte – meeste mense wat ek ken het nie eers ‘n kers in hulle huise nie!

Maar, terwyl ons besin en oor bostaande nadink, laat ons ook Jesaja 43:18+19 in gedagte hou…

“Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en daar by die verlede stilstaan nie.
Kyk, Ek gan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom;
Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.”

Ek vra vir die Here wysheid en insig oor wat Hy wil hê ek moet doen. Dit is met ‘n opgewondenheid dat ek uitsien na Sy belofte hier bo … dat Hy reeds besig is om iets nuuts doen, en dat dit op die punt staan om te gebeur. Niemand sal weet of ‘n ‘total blackout’ dalk deel van Sy plan mag wees om verandering van denke teweeg te bring in ons land. Maar tenminste is ek paraat – het ek ‘n plan vir my en my familie. Here maak my oë oop sodat ek sal sien en sal weet en sal deelneem aan die … Nuwe Suidafrika waarvan Louis Wilsenach praat.

Sien jy dit nie? Dit staan op die punt om te gebeur!
________________________________________
Nico van der Merwe is die skrywer van ‘What does God know About Business?’ – Making the right decisions in tough times. Hy was ook die samesteller van ‘n ‘Noodtas’ namens die Aptekers Vereniging van SA tydens die 1976 Soweto opstande waarvan meer as 60’000 verkoop is deur apteke landwyd. Hy is die voorsitter van hulle familie besigheid (H.A.S.S. Groep), stigter van die Oorinstitute en stigterslid van die Eduplex in Pretoria.
Web werwe http://www.godandbusiness.co.za | http://www.earinstitute.co.za | http://www.hass.co.za | http://www.eduplex.co.za

Advertisements

Tags: , , , , , ,

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: